Oor ons
Agtergrond tot Tags for Africa Sisteme
Menige oorplaaitjie identifikasie sisteme beskikbaar op die Suid Afrikaanse mark, van twyfelagtige kwaliteit, hoë pryse, veroorsaak verwarring onder boere en verspreiders. Sekere ingevoerde plaaitjies met beloftes van goeie kwaliteit het boere al sleg in die steek gelaat. Sommige plaaitjie vervaardigers blyk nie in staat te wees om oorplaaitjies van landurige kwaliteit te voorsien nie. Tags for Africa, na baie jare se eksperimente, kon daarin slaag om ‘n einde te maak aan verwarring oor diens, kwaliteit en prys. Tags for Africa verskaf ‘n volledige reeks oorplaaitjies en bykomstighede wat elke verbruiker benodig, veral die behoefte aan uitstekende diens, gehalte en prysvoordeel.
Tegniese eienskappe van TFA oorplaatjies
TFA oorplaaitjies is vervaardig van hoë gehalte, UV bestande, PVC polimeer, plastifiseermiddel, HMF stabiliseerder en kleurpigmente. Hulle beskik oor ‘ n treksterkte van 13,9 en ‘n verlenging Mpa persentasie van 319,6 in terme van SA Buro vir Standaarde toets metodes 507 en 504. TFA oorplaaitjies bly buigsaam by temperatuur wisselling van -45 C (Koue Buig: SABS Metode 501) te 150 C (hitte-stok: SABS Metode 500). Elke TFA oorplaaitjie het mediese veld goedkeuring van die WNNR. Die pen en houer meganisme met Laser en strepieskodedruk of RFID “chip” skakel om elektroniese databasisbestuur in staat te stel.
Praktiese kenmerke van TFA oorplaaitjies
TFA oorplaaitjies beskik oor die sterkste pen en houer kombinasie wat langdurige en veilige pas verseker. Die TFA toedieningsapparaatpen kan met gemak gebruik word op die meeste pastange. TFA se merkpen bied ‘n mengsel van ink en chemikalië wat ‘n permanente merk in die oor brand, sodat die identifikasie merke nie verlore gaan nie. Weens die hoë gehalte, buigsame materiaal wat gebruik word kan die TFA nooit kraak, verdeel of skeur en kan sodoende die ernstigste hitte en sonnige omstandighede teenwoordig in Afrika vir baie jare weerstaan. Beskikbaar in 9 kleure plus persoonlike kleure soos bepaal deur kliënte met bestellings van 10 000 plaaitjies of meer. RFID chip vergemaklik telling van groot troppe en beter akkuraatheid deur middel van elektroniese bestuur maklik.
TFA kleinhandelpryslys en verpakking groottes
|
Oorplaaitjie tipe |
Dimensies (mm) |
Prys per oorplaaitjie |
Prys per sak ( 10 per sak) |
Prys per sak ( 25 per sak) |
Prys per sak ( 100 per sak) |
|
TFA Grootte 1 (Vark) |
10 x 25 |
2.00 |
|
50.00 |
220.00 |
|
TFA Grootte 1 (Skaap) |
15 x 55 |
2.20 |
|
55.00 |
240.00 |
|
TFA Grootte 2 ( Skaap/Bok) |
34 x 58 |
2.40 |
|
60.00 |
240.00 |
|
TFA Grootte 3 ( Vee) |
55 x 60 |
3.00 |
30.00 |
|
300.00 |
|
TFA Grootte 4 (Vee) |
70 x 100 |
3.80 |
38.00 |
|
380.00 |
|
Pen en Houer |
28 x 28 |
1.60 |
16.00 |
40.00 |
160.00 |
|
Toedieningsapparaat |
|
99.00 |
|
|
|
|
Merkerpen |
|
20.00 |
|
|
|
|
Toedieningpen |
|
5.00 |
|
|
|
|